Friday, 22 June 2012

Trust

How to earn trust back after lying...

1 Be honest about lying. Ek is jammer dat ek vir jou gejok het.  Dat ek dinge weggesteek het.  Dat ek oneerlik was en jou seergemaak het. 
2 Apologize. My lief ek is opreg jammer vir alles wat ek gedoen het, en ek wens daar was iets wat ek kon doen om jou beter te laat voel.  Daar is soveel dinge wat ek gedoen het die laaste 6 maande.  soveel keer wat ek verkeerd opgetree het.  Soveel keer wat ek jou uitgesluit het, wat ek opsetlik lelik was.  Dat ek toegelaat het dat ander mense inmeng, dat ek jou afgeskeep en nie 1ste gestel het nie.
3 Make a promise to yourself that you won't lie to him again - and don't!  Ek belowe dat ek die pad vorentoe net eerlik sal wees.  Dat ek die regte pad sal loop.  Dat maak nie saak wat gebeur of wie kontak maak, ek die vrymoedigheid sal he om alles met jou te bespreek en eerlik te wees.
4 Don't expect him to jump back to you. Ek weet dat jy baie seergemaak is, en dat jy my nie gou weer sal vertrou nie. 
5 Gauge him reaction. Ek weet jy wil he ek moet jou nie kontak nie, want jy is bitter seergemaak en sien my met ander oe as die mooiste mooi wat ek nog altyd vir jou was.
6 Give him time and space but let her know you are still there. Ek weet hoe seer ek jou gemaak het, maar ek weet dat GOD se genade vir ons almal genoeg is.  En dat ek 'n beter mens kan wees, my ou self wat lag en niks wegsteek nie.  Ek sal jou jou spasie gee soos jy gevra het, en ek verstaan jy't tyd nodig vir jou hartjie om weer reg te koj.  Maar ek sal altyd hier wees vir jou, en ek belowe dat dinge anders sal wees.  Dat jy beter sal voel, en dat ons saam die klipperige pad kan loop waar jy ek dag vir dag jou vertroue bietjie vir bietjie kan terugwen totdat ons eendag met n glimlag kan terugkyk en se dit was 'n harde pad - maar die moeite werd!

No comments:

Post a Comment