Om jou hart gebreek te he is dalk die grootste pyn in die afwesigheid van sterfte. Dit sou soveel makliker gewees het as jy dood was. Dan het ek 'n graf gehad om blomme neer te le. Dan kon ek gaan kuier en met jou praat. Dan kon ek die res van my lewe jou MYNE genoem het. Die mooi onthou. Die opregtheid.
Om te weet jys om die draai van my. Ek kan nie met jou praat. Jou nie sien. Dit breek my.
Ek kerf vandag vir jou 'n stukkie van my siel; die letsel sal my herinner hoe die liefde kan verniel.
My hart is gebreek en ek voel alleen, bang en moedeloos. Nie eers trane kan die rou en seer verdryf nie. My krag is min. My lus vir die lewe is min. Maar ek bid. Ek bly bid en smeek die Here vir genade. Want die Here se genade is genoeg vir ons ALMAL. Ek wil nie 'n heel hart he nie. Ek wil in pyn leef, want hoe kan ek myself vergewe. Hoe kan ek aangaan met alles.
Ek wonder waar jy is vandag. Ek wonder wat jy vanaand doen. Of jy aan my dink. Ek wonder of jy my gesiggie onthou. Ek wonder of jy my nog liefhet.
Maar al waaraan ek kan dink is JY. Jy is die een vir my. Daar sal nooit iemand anders wees nie. NOOIT.
Ek dink aan die manier hoe jy na my gekyk het. Jou sprankelende glimlag. Die manier wat jy my naam gese het. Ek hoor nog jou stem. Hoe warm jy my hart gemaak het. Hoe vinnig my hartjie klop as ek by jou is. En ek wonder, het ek ooit genoeg gese hoe lief ek jou het. Het ek ooit dankie gese dat jy my liefhet?
Ek kyk in die spieel en ek sien my lewelose oe. Ek wonder wie ek is. Ek haat myself. Ek is skaam vir myself en ek sien die lelike mens wat ek geword het. Ek sien die tekortkominge van my hart en siel en ek wonder as ek deur jou wakker bruin oe sou kyk, sou ek dan besef het wie ek is. Hoe het jy my gesien?
No comments:
Post a Comment