Geduld. My liefie sal my nooit weer hoor raas, skel of baklei nie. Ek sal nooit weer iets negatiefs se teenoor jou nie en stilbly wanneer ek rasend kwaad word. Ek sal my beste gee om nooit weer iets te se waaroor ek spyt sal wees nie.
Ek het die liefde vir jou waar my hart jou nodig het, waar jy my alles is en my rede vir soggens opstaan. Sonder jou kan ek nie asemhaal, lewe of 'n normale daggie he nie.
Ek wil vir jou alles wees wat ek nog altyd belowe het. Jy maak my kalm. Jy maak my rustig wanneer alles mooi is.
Die ou liefie het ek soos 'n storm gewoed, wou net aanval en was emosioneel omdat ek selfsugtig was, maar dis die verlede.
Ek het baie foute gemaak, maar ek is bereid om die klipperige pad saam met jou te loop. Jy kan op my staatmaak en weet ek sal daar wees vir jou.

No comments:
Post a Comment